POLITIEKE NOTABOEK | Ons ís die staat, glo die ANC

DIE WEEK IN POLITIEK

POLITIEKE NOTABOEK | Ons ís die staat, glo die ANC

Om 'n hele minister van verdediging gevange te hou, is nie net sommer 'n relletjie nie. Die RET-faksie se aanslag op die staat en die ANC kan vorentoe net in intensiteit toeneem, skryf MAX DU PREEZ.

DIE onmag of onwilligheid van pres. Cyril Ramaphosa se regering om daadkragtig teen die argitekte van die opstand en plundering in Julie op te tree, het die RET-faksie die kans gebied om behoorlik te hergroepeer.

Vir Suid-Afrika kan dit beteken dat die verlamming in die regerende party waarvoor die burgers al 'n hoë prys betaal het, gaan voortsleep of selfs toeneem.

Die kastige oorlogveterane wat die minister van verdediging, Thandi Modise, en die minister in die presidensie, Mondli Gungubele, laasweek gyselaar gehou het, sou waarskynlik nooit so iets beplan het as die staat sterk teen die Julie-opstand opgetree het nie...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.