Interaktiewe kaarte en uitslae op ons webblad vir die...

STEMDAG

Interaktiewe kaarte en uitslae op ons webblad vir die plaaslike verkiesings

Gebruik ons verkiesingsblad om die uitslae vir jou woongebied op ons interaktiewe kaarte op te spoor.

Ons verkiesingswebblad wys al die jongste data, maar jy kan ook vorige verkiesings se uitslae sien en jou registrasiestatus nagaan.
Ons verkiesingswebblad wys al die jongste data, maar jy kan ook vorige verkiesings se uitslae sien en jou registrasiestatus nagaan.
Image: 123RF/ronstik/TimesLIVE

Op 1 November het Suid-Afrikaners in hierdie jaar se plaaslike verkiesings gestem.

Nou kan jy ons webblad vir die 2021-plaaslike verkiesings gebruik om te sien hoe die resultate instroom soos wat die stemme getel word.

Op die kaarte kan jy 'n provinsie, stad, dorp of wyk van nader beskou, asook inligtingspanele met vorige uitslae – plaaslik of nasionaal – vir jou gekose verkiesingsjaar.

Die webblad reeds die uitslae van verkiesings in 2019, 2016, 2014, 2011 en 2009, geskakel aan kaarte en grafika. Die inligting daarvoor word verskaf deur die Verkiesingskommissie van SA.

Daar is ook 'n skakel om die jongste politieke nuus van TimesLIVE te vertoon.

Die verkiesingswebblad het heelwat gedetailleerde inligting oor vorige verkiesings se uitslae.
Die verkiesingswebblad het heelwat gedetailleerde inligting oor vorige verkiesings se uitslae.
Image: TimesLIVE

Stemtotale soos dit inkom

Noudat stemdag verby is, vertoon ons webblad outomaties al die totale en statistieke wat bekend gemaak word – 'n handige manier om op die hoogte van sake te bly.

Jy kan ook vinnige vergelykings oproep tussen verskillende jare se verkiesings om te sien hoe die steun vir politieke partye in spesifieke areas mettertyd verander het.

Dis ’n oorlog

Die webblad het ook 'n hele bladsy wat wys hoe dinge vorder in die land se belangrikste strydveld-munisipaliteite in elke provinsie. Hier sal jy maklik kan sien watter partye loop voor.

Die verkiesingswebblad is ontwikkel met die hulp van die sagtewarefirma EightySix° en die datakonsultante by Outshine. 

Speech Bubbles

Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.

Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.