Só steek aantal stembriefies, kwotas en proporsionele...

KIESSTELSEL

Só steek aantal stembriefies, kwotas en proporsionele verteenwoordiging inmekaar

Hoe verskil die verskillende soorte stemme wat Suid-Afrikaners Maandag kan uitbring, en hoe word hulle getel? JODI ALLEMEIER van Open Cities Lab verduidelik.

  • 29 Oktober 2021
  • Nuus & Politiek
  • 9 min om te lees
  • artikel 5 van 32
  • Jodi Allemeier

ONS verkiesingstelsel vir plaaslike regering is gegrond op 'n stelsel van proporsionele verteenwoordiging. Eerste-oor-die-wenstreep-verteenwoordigers maak die helfte van die raad uit, en partyverteenwoordigers die ander helfte. Dít verskil van byvoorbeeld 'n stelsel waar 'n burgemeester regstreeks verkies kan word, of van pluraliteit- of meerderheidstelsels waar 'n enkele meerderheidsparty die leierskap oorneem, soms danksy blok- of gefaseerde stemme. 

Suid-Afrika se kiesstelsel vir plaaslike regering word as hoogs regverdig beskou: Geen stem tel meer as 'n ander stem nie, en vanweë die belangrikheid van stemme in elke gebied word partye aangemoedig om op elke liewe plek aktief te wees en sterk kandidate te stel. Dit bevorder demokratiese deelname en lei tot meer verteenwoordigende uitkomste.

Tog kan dit verwarrend wees. Hoekom voer burgemeesterskandidate dan veldtogte as 'n mens nie regstreeks vir hom of haar kan stem as burgemeesterskandidate nie? Hoekom staan sommige wykraadslede in verskeie wyke? En wat beteken dit dat jou stem meer as een keer tel?..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.