Die storie van die stryd om genadedood te wettig

DIE LAASTE UITWEG

Die storie van die stryd om genadedood te wettig

Lee Last vertel vir ANNELIESE BURGESS die storie agter die storie van die stryd om genadedood in Suid-Afrika te wettig en hoe haar lewe verander het van ’n ‘gewone Boksburg-koekie met hope empatie’ na ’n voltydse aktivis vir die reg om volgens jou eie voorwaardes te mag sterf. Die artikel het oorspronklik in ons uitgawe op 4 Oktober 2019 verskyn.

SY het nog altyd ’n fassinasie met die dood gehad.  Nie op 'n “donker, morbiede manier" nie, maar dit was net nog nooit vir haar moeilik om daaroor te dink of te praat nie, sê Lee Last – 'n mooi vrou met sterk gelaatstrekke en 'n metaalgrys bob.

Ons sit met rooibostee en mentolsigarette in haar woonstelletjie in Somerset-Wes. Die Helderberge se groen voue glim deur die venster. Daar's ’n potjie varsgeplukte laventel op die tafel en skilderye teen die muur. Dit is huislik en gesellig. 'n Wollerige hond bons deur die deur. 

“Ek’s maar net 'n Boksburg-koekie met hope empatie,” lag sy in antwoord op my vraag oor hoe haar lewe gekronkel het tot op dié plek waar sy nou 'n voltydse aktivis is vir die wettiging van genadedood in Suid-Afrika. “En terwyl Sean sy vonnis uitdien, moet ons aanhou met ons werk, want dit is so belangrik vir so baie mense." ..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.