Om die braak speelveld van swart konserwatisme te ploeg

ANDERKANT DIE ANC SE GRAFSKRIF

Om die braak speelveld van swart konserwatisme te ploeg

Duidelik spreek Herman Mashaba se soort politieke pragmatisme tot uiteenlopende soorte kiesers, skryf PIET CROUCAMP. Is daar hoop dat dit nog meer oënskynlik onversoenbare steunbasisse bymekaar kan bring?

DIE groot vraag hier op die vloer van die uitslagsentrum in Tshwane is: Het laermiddelklas- en werklose Suid-Afrikaners opgegee op demokrasie? Het hulle vertroue verloor in die waarskynlikheid dat verkiesings sal lei tot beter finansiële bestuur en politieke leierskap? Maar net sodra 'n eenvoudige “Ja!” na 'n voor die hand liggende interpretasie klink, kom Herman Mashaba se ActionSA (https://results.elections.org.za/dashboards/lge/) – asof vanuit die niet – en ontgin 'n swartmiddelklas-konserwatisme wat ewe maklik in 2024 in 'n nasionale golf van konstruktiewe verwagtinge kan manifesteer.

Mashaba verteenwoordig 'n wegbreekfaksie uit die DA en dit is nou duidelik dat dit nie net die ANC se versplintering is wat politieke hoop kan bring deur oënskynlik onversoenbare steunbasisse na die altaar te bring nie.

Dit is natuurlik 'n politieke pragmatisme wat die laaste paar jaar die DA (https://results.elections.org.za/dashboards/lge/) se deur probeer afskop het, maar wat Helen Zille, Gwen Ngwenya en John Steenhuisen nie sou herken het as dit onder hul neuse gevryf is nie. Oukei, ek het dit ook nie raakgesien nie, en ek is op 'n helder dag meer versiende as Siener van Rensburg...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.