Kleiner partye vreet van onder af weg aan grotes se steun

NOORD-KAAP

Kleiner partye vreet van onder af weg aan grotes se steun

Nêrens was die skuif weg van groot politieke partye na plaaslike gemeenskapsforums in die afgelope verkiesings duideliker as in die Noord-Kaap nie, skryf JACO VISSER.

IN die Noord-Kaap het die ANC se steun in die munisipale verkiesings van 69% in 2006 tot 58% in 2016 en eindelik 50.5% vanjaar gekrimp. Die DA het in 2006 byna 14% van die stemme gekry, in 2016 24.8% en vanjaar net minder as 20%. In 2016 het die ANC beheer gehad (meer as 50% van die raadslede) in 23 van die 26 Noord-Kaapse plaaslike munisipaliteite; vanjaar in net 16 van hulle. Daar moet dus in 10 munisipaliteite koalisies gevorm word. Die bepalers van hierdie koalisies sluit verskeie gemeenskapsforums of -partye in.

Een so ’n party is die Namakwa Civic Movement (NCM), wat in al vyf plaaslike munisipaliteite van die Namakwa-distrik (Richtersveld, Nama Khoi, Kamiesberg, Hantam en Khâi Ma) deelgeneem het. Die NCM het in elk van hierdie munisipaliteite minstens een lid wat in die munisipale raad sit, buiten in Richtersveld (Port Nolloth). In Nama Khoi (Springbok) sal die NCM die beslissende stem wees nadat die party vier raadslede gekry het, die ANC sewe lede en die DA vier lede. In Khâi Ma (Pofadder en die mynboudorp Aggeneys) is die NCM die amptelike opposisie.

In die Dawid Kruiper-munisipaliteit (Upington en die Kalahari) het die Khoisan Revolution die derde meeste stemme gekry en sodoende ’n raadslid. Langsaan in !Kheis-munisipaliteit (Groblershoop) het twee onafhanklike kandidate in die ANC se stembasis ingevreet en sal hulle die beslissende stem hê oor wie die munisipaliteit beheer nadat die ANC vyf setels, die DA twee setels en die EFF en Cope elk een setel losgeslaan het (uit ’n totaal van 11 setels)...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.