#DieStemMoetVal. Ke nako. Dis tyd

OM TE OFFER WAT SA VRA

#DieStemMoetVal. Ke nako. Dis tyd

Komaan, skryf MAX DU PREEZ, die tyd het aangebreek dat die strofes uit Die Stem uit ons volkslied gehaal en met strofes in Afrikaans en Engels vervang word wat Nkosi Sikelel’ iAfrika se melodie volg. Die Stem is 'n simbool van apartheid, en apartheid was nie net sommer net kultuurgoed nie. Ons soek 'n nasionale lied wat almal, ook bruin Afrikaanssprekendes, met oorgawe kan sing. Dít is 'n wen-wen-oplossing.

GEEN regdenkende Suid-Afrikaner waai die oranje-blanje-blou-apartheidsvlag voor sy huis of wys dit op 'n T-hemp op straat nie. Die meeste van ons vind dit aanstootlik, terwyl selfs dié met kwalik verskuilde heimwee vir die ou orde besef die vlag is onnodig uitlokkend – AfriForum raai ondersteuners byvoorbeeld af om dit in die openbaar te vertoon.

Hoekom, dan, is ons so gemaklik daarmee om apartheid se ander simbool, Die Stem, as deel van ons nuwe nasionale lied te sing?

Ek sê “ons”, maar ek sluit myself daarby uit. Ek het nog nooit die “Uit die blou van onse hemel”-strofe in ons nasionale lied saamgesing nie, ek bly gewoon stil wanneer dit aan die beurt kom...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.