Is dit regtig nog nodig dat die land in ’n amptelike...

TYD OM DIE PANDEMIE ANDERS TE BESTUUR

Is dit regtig nog nodig dat die land in ’n amptelike ramptoestand moet wees?

Op 15 Desember sal dit al 600 dae wees dat Suid-Afrikaners onder 'n amptelike ramptoestand leef, en steeds is die einde nie in sig nie. Dis tyd om na groter normaliteit te begin terugkeer, skryf KATHARINE CHILD.

  • 26 November 2021
  • Nuus & Politiek
  • 9 min om te lees
  • artikel 9 van 29
  • Katharine Child

TOE die minister van samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta), Nkosazana Dlamini-Zuma, Saterdag ’n verdere verlenging van Suid-Afrika se ramptoestand in die Staatskoerant afgekondig het, het sy die land in sy 21ste maand van lewe onder so ’n reël geplaas. Teen 15 Desember, wanneer die huidige verlenging verstryk, sal Suid-Afrikaners reeds vir sowat 600 dae onder dié beperkings geleef het.

Maar die regering word deur teenkanting teen sy skynbaar nimmereindigende verlengings van die ramptoestand in die gesig gestaar. Die jongste verlenging kom te midde van ’n algemeen lae Covid-infeksie- en hospitalisasietelling – selfs ’n moontlike vierde vlaag is vermoedelik minder van ’n bekommernis as voorheen. En kommer styg oor die manier waarop die ramptoestand mag in die uitvoerende gesag konsentreer.

Een regverdiging vir die inwerkingstelling van ’n ramptoestand is dat dit responsiwiteit moontlik maak: Die regering kan regulasies maak, soos om die getal mense te beperk wat toegelaat word om binnenshuis te vergader soos wat Covid-gevalle styg en daal. Die Wes-Kaapse hooggeregshof het dié beginsel verlede jaar bevestig deur ’n betwisting van die geldigheid van die ramptoestand deur ’n groep universiteitstudente van die hand te wys...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.