Dramatiese Valke-klopjag baar ’n spul pype

AARDBEWING IN 'N MIERSHOOP?

Dramatiese Valke-klopjag baar ’n spul pype

Die Durban-hawegebied was die afgelope week ’n miernes van polisiebedrywighede nadat toegeslaan is op twee vraghouers met ‘vuurwapens' wat glo met internasionale wapensmokkelary uit dié hawe verbind word. ERIKA GIBSON werp lig op die gebeure.

DIE Durban-hawegebied het in Julie nuusopskrifte gehaal nadat ’n besending van 1.5 miljoen patrone ammunisie voete gekry het tydens die onluste en die stroping van pakhuise in KwaZulu-Natal. Die afgelope week het ’n klopjag in dié hawe deur ’n gesamentlike polisietaakspan en die Valke weer opslae gemaak.

Dit het alles Sondag op die lappe gekom toe ’n WhatsApp-boodskap soos ’n veldbrand binne die wapenbedryfgemeenskap versprei het. Dit was op die oog af ’n kopie van ’n tipiese verslag, gerig aan ’n generaal, oor operasionele suksesse wat by die Maydon-dok in die Durban-hawe behaal is.

Dit was fyn bewoord, met ’n goeie skeut innuendo oor ’n ingewikkelde ondersoek wat reeds sedert Oktober aan die gang is om die belhamels in beweerde sindikate vas te trek...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.

Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.

Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.

Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.