SA nie regtig onveiliger as in 1994 – ‘dis bloot ’n persepsie’

KAN DIT WEES?

SA nie regtig onveiliger as in 1994 – ‘dis bloot ’n persepsie’

Ons (nes die Amerikaners) glo misdaadvlakke is hoër as wat die data sê dit werklik is. Dít volgens Ziyanda Stuurman, die skrywer van 'n nuwe boek oor die stand van polisiëring in SA. Dat daar groot probleme met die polisiestelsel is, is egter gewis, sê sy. En dit is die armste en mees weerlose burgers wat die ergste daaronder ly. ANNELIESE BURGESS belig nege stellings uit die boek Can We be Safe?

#1 Die verlede kleur die hede

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens het ’n baie spesifieke DNS wat terugstrek na koloniale tye waar die polisie in Suid-Afrika nooit regtig aan die kant van alle burgers gestaan het nie. Daar was altyd ’n hiërargie van belange wat die wit minderheid vooropgestel het. Dit het versnel ná die formele stigting van die Suid-Afrikaanse Polisie (SAP) in 1913 toe die polisie ingespan is om onder meer die Wet op Grondonteiening af te dwing, asook enige onrus op die myne in bedwang te help hou. 

In die laat 1980’s en vroeë 1990’s, met die verskerping van die interne opstand teen apartheid en die doel om Suid-Afrika “onregeerbaar” te maak, is die polisie al hoe meer gebruik om die weerstand in die townships te onderdruk. Dit was die dae van die “Totale Aanslag” en die polisie het al hoe nouer met die weermag begin saamwerk. Die teeninsurgensierol het uiteindelik die polisie in ’n paramilitêre organisasie omskep, en die nalatenskap van hierdie rol is iets waaraan die polisie tot vandag toe nie kon ontsnap nie...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.