Boosters vir die ouballies

VERSIGTIG OPTIMISTIES

Boosters vir die ouballies

Tensy 'n aansienlik giftiger en weerstandiger variant van die coronavirus as Omicron gaan ontwikkel, begin dit ál meer lyk asof die Covid-19-pandemie lewens en ekonomieë in 2022 veel minder gaan ontwrig as wat tot onlangs gevrees is. Maar twee of drie inentings per jaar is waarskynlik alle ouer mense en kwesbares se voorland, sê die spesialiste. Deur MAX DU PREEZ.

AS jy, soos die meeste mense, teen dié tyd allergies is vir ellelange stukke oor die pandemie met blaaie vol onverstaanbare grafika, hier is die hooftrekke:

“Volledig ingeënt” gaan baie binnekort drie inentings eerder as twee beteken. In Suid-Afrika kan mense wat reeds 'n dubbeldosis-Pfizer gekry het, nou 'n derde dosis kry, terwyl 12- tot 17-jariges nou vir 'n tweede dosis mag aantree.

Die konsensus onder navorsers word ál sterker dat Omicron aansienlik meer aansteeklik is, maar tot veel minder ernstige simptome lei – baie meer soos griep as soos Delta...

Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.

Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.

X