Polisie-blues: wat die statistieke werklik sê (en die groot...

MISDAAD

Polisie-blues: wat die statistieke werklik sê (en die groot regruk wat dalk kom)

'n Nuwe boek oor polisiëring in Suid-Afrika sê die land is vandag veiliger as in 1994. Dié stelling het ANNELIESE BURGESS verlede week aan haar Post Toasties laat stik, en sy het gesels met Gareth Newham, hoof van die Instituut vir Sekerheidstudies se geweldvoorkomingsprogram, om beter te verstaan wat presies aangaan.

AS jy net met moordstatistieke werk, en jy gebruik die polisie se amptelike syfers, was daar inderdaad minder moorde in Suid-Afrika in 2020 as in 1994, sê Newham.

Maar as jy die vraag wil beantwoord of Suid-Afrika vandag veiliger is, kan jy nie appels met pere vergelyk nie. Die ware prentjie is baie meer kompleks as om net te kyk na hoeveel moorde daar in 'n spesifieke jaar gepleeg is.

In lande waar daar 'n hoë vlak van vertroue in die polisie is, maak dit sin om moord as 'n aanwyser te gebruik omdat daar 'n korrelasie is tussen moord en aanranding. In Suid-Afrika is daar egter 'n baie lae vlak van openbare vertroue in die polisie, en as gevolg hiervan word baie misdade, selfs ernstige kontakmisdaad soos aanranding, nie altyd aangemeld nie. ..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.