POLITIEKE NOTABOEK | Die grond van Afrika omhels vir FW, sê Cyril

OH MY DALI, OH MY DALI

POLITIEKE NOTABOEK | Die grond van Afrika omhels vir FW, sê Cyril

Cyril Ramaphosa se rede by die roudiens vir FW de Klerk was 'n herinnering waarom so baie Suid-Afrikaners so opgewonde was toe hy president geword het, skryf MAX DU PREEZ. Hy skryf ook oor Jacob Zuma wat op pad terug is tronk toe en oor Dali Mpofu die miljoenêr-charlatan.

EK en vele ander wat hier lees, spoel gereeld ons monde uit oor hoe traag pres. Cyril Ramaphosa is om daadkragtig op te tree en hoe sy beloofde Nuwe Daeraad toe nooit gerealiseer het nie.

Maar verlede Sondag is ek daaraan herinner dat Ramaphosa 'n gans ander soort dier as Jacob Zuma en die meeste ander ANC-leiers is. So, voor ek dalk volgende week weer krities oor hom gaan skryf, hier is 'n stukkie waardering vir ons president.

As jy net Netwerk24 en/of Maroela lees en na kykNET se aktualiteitsaanbiedings kyk, gaan jy dalk nie besef hoe min waardering daar onder ons swart landgenote is vir FW de Klerk se rol in ons geskiedenis nie. Daar word teësinnig toegegee dat sy stappe op 2 Februarie 1990 die deur vir ons demokratisering oopgemaak het, maar vir baie maak dit nie op vir sy lewenslange deelname aan apartheid en sy voortgesette weiering om persoonlike verantwoordelikheid vir menseregtevergrype te aanvaar nie...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.