Pres. Herman Mashaba in 2024?

ANC OP DIE AFDRAANDE

Pres. Herman Mashaba in 2024?

Die ANC het byna geen kans om die algemene verkiesing in 2024 te wen nie, skryf PIET CROUCAMP. Maar die doodskoot sal net toegedien kan word as ActionSA die amptelike opposisie word – en dit is nie onmoontlik nie.

MIN of meer R1 biljoen! Dit is die bedrag geld wat die ANC nodig het om die 46%-uitslag van die 2021-plaaslike verkiesings in ’n 50%-oorwinning in die algemene verkiesing in 2024 te omskep. 

Voor dit is daar 2022 se ANC-leierskapsverkiesing, wat minstens R100 miljoen uit Luthuli-huis se leë koffers gaan dreineer. Die ANC se krediteure is uiters versigtig, want Luthuli-huis het ’n hele rits rekeninge van die 2021-verkiesings steeds nie vereffen nie. Die tesourie van die bevrydingsparty wil ook nie meer waarborg staan vir enige besteding in die provinsies nie.

Sonder groot byeenkomste in nasionale stadions, ’n paar miljoen gratis T-hemde, R50 miljoen se kospakkies, road shows en mega-publisiteit op die SAUK is die ANC as ’n party so afwesig soos die polisie by ’n moord in ’n informele nedersetting op Oujaarsaand: geen taal of tyding nie...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.