×

Ons het nuus vir jou.

Registreer gratis op Vrye Weekblad en ontvang nuusbriewe per e-pos, lewer kommentaar en meer.
Registreer nou
RET + EFF = Zanu-PF

ZIMBABWE, HIER KOM ONS

RET + EFF = Zanu-PF

Die destydse onderleier van die SA Kommunisteparty, Jeremy Cronin, was presies 20 jaar gelede in die sop by die ANC omdat hy teen die ‘Zanu-fisering' van die regerende party gewaarsku het. Dit is vandag steeds die groot vrees: dat Suid-Afrika ‘nog 'n Zimbabwe’ gaan word. As die RET-faksie en die EFF hulle sin kry, skryf MAX DU PREEZ, is dit dalk presies wat gaan gebeur.

WANNEER ons van die Zanu-fisering van die ANC praat, help dit as ons eers ondersoek hoe Zimbabwe vanaf 'n belowende wegspring ná onafhanklikheidswording in 1980 in 'n mislukte staat verval het. En dan kan ons die dots connect.

Toe Zanu-PF ná twee dekades onder populêre druk begin kom het, het Robert Mugabe en sy medeleiers hulle ál meer na goedkoop populisme en pseudo-militante retoriek gewend om die aandag van hulle korrupsie en wanbestuur weg te stuur.

'n Gemeenskaplike vyand is gesoek aan wie die skuld vir al die mislukkings gegee kon word. In Zimbabwe was dit die wit minderheid, die gewese koloniale meester, Brittanje, en die Weste. Africa for the Africans...

Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.

Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.

X