ALLAN BOESAK sal in die geskiedenis onthou word as een van die dapper, visioenêre leiers wat in die middel-1980’s die binnelandse weerstand teen apartheid gemobiliseer het: die United Democratic Front, wat myns insiens meer gedoen het om ons van wit oorheersing te bevry as die ANC-bannelinge en Umkhonto we Sizwe.
Boesak se charisma en gewildheid onder gewone mense is ná 1990 deur die ANC-leiers wat uit ballingskap teruggekeer het, as 'n bedreiging gesien en hulle het hom doelbewus gemarginaliseer eerder as om hom in die sentrale leierskap in te trek.
Die UDF, of soos later na die breër interne weerstand van die 1980's verwys is, die Mass Democratic Movement, was die enigste party met wie ek ooit 'n formele verbintenis gehad het. Ek het by geleentheid agter Boesak, Desmond Tutu en ander leiers aan protesoptogte deelgeneem...
Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.
RET + EFF = Zanu-PF