’n Eeu later: Jan Smuts en die 1922-mynstaking

‘BLOED AAN SY VOETE'

’n Eeu later: Jan Smuts en die 1922-mynstaking

’n Reeks gewelddadige mynwerkerstakings en -opstande in en om Johannesburg het Suid-Afrika in die eerste paar maande van 1922 geruk. Die sogenaamde Rand-rebellie sou langdurige politieke veranderinge tot gevolg hê, skryf ALBÉ GROBBELAAR.

DIE bloedige 1922-staking word kort en kragtig opgesom in my ou skoolhandboek van 50 jaar gelede, Senior Geskiedenis vir Suid-Afrikaanse Skole: Die ekonomiese insinking ná die Eerste Wêreldoorlog het arbeidsonrus in die land tot gevolg gehad. Die goud- en steenkoolmyne se winste het begin daal en die Kamer van Mynwese het in November 1921 besluit om wal te gooi deur halfgeskoolde swart werkers in diens te neem. Wit mynwerkers se lone is gesny en hulle het vroeg in Januarie 1922 begin staak. Dit het tot gevolg gehad dat ook swart myners sonder werk was.

Die regering het aanvanklik nie ingemeng nie, maar toe botsings met die polisie begin plaasvind, onder meer omdat stakers die nie-stakers probeer verhinder het om te gaan werk, het die eerste minister, genl. Jan Smuts, besluit om in te gryp. Krygswet is afgekondig en die opstande is met die hulp van die weermag onderdruk.

Tot sover my matriekboek. Maar daar was uiteraard veel meer wat vóór, tydens en ook ná die 1922-staking gebeur het. Smuts se gewelddadige onderdrukking van die opstande aan die Rand het ’n lang aanloop gehad...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.