×

Ons het nuus vir jou.

Registreer gratis op Vrye Weekblad en ontvang nuusbriewe per e-pos, lewer kommentaar en meer.
Registreer nou
Cyril se kragtoer vs. Suid-Afrikaners se sinisme

STRYD VIR DIE SIEL VAN DIE LAND

Cyril se kragtoer vs. Suid-Afrikaners se sinisme

Pres. Cyril Ramaphosa se staatsrede in 'n krisistyd vir Suid-Afrika was 'n kragtoer van rigtingverandering, erkenning van tekortkominge en visie vir die toekoms. Maar Suid-Afrikaners is teen dié tyd afgestomp vir mooi woorde en beloftes – hulle het dit al te veel keer gehoor sonder om die uitwerking daarvan te ervaar, skryf MAX DU PREEZ.

OP papier lyk die staatsrede na 'n revolusionêre dokument: 'n eerlike ontleding van probleme, 'n onomwonde aanvaarding van verantwoordelikheid vir mislukkings en konkrete stappe om wesenlik van koers te verander.

Ramaphosa het in sy rede gepleit vir 'n “nuwe konsensus”, 'n “nuwe sosiale kompak”. Gebroke instellings moet dringend hervorm en die ekonomie moet herbou word. Nie een burger moet agtergelaat word nie. Suid-Afrikaners moet ophou om die demokrasie uitmekaar te skeur.

Dit was 'n somber oomblik, want die staatsrede is in die Kaapstadse stadsaal gehou omdat die parlement afgebrand is. Dié feit het soos 'n metafoor vir ons tyd oor die hele staatsrede gehang. “For many, what happened in parliament speaks to a broader devastation in our land,” het Ramaphosa gesê...

Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.

Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.

X