GAAN DIT GUNGUBELE WEES?
Cyril die idees-man kort ’n ‘eerste minister’ wat die regeerwerk kan doen
Cyril Ramaphosa is 'n idees-mens wat, heel anders as sy voorganger, diep nadink en wyd (te wyd?) konsulteer oor die pad vorentoe. Maar sy groot swakheid is dat hy nie 'n goeie bestuurder is nie. Hy kan die kar en die pad bedink, maar hy sukkel om die rubber op die teer te kry, skryf MAX DU PREEZ.

Deel
VIR my het Ramaphosa laas week met sy staatsrede en weer dié week met sy repliek en perskonferensie na iemand gelyk met nuwe selfvertroue, energie en 'n sin van dringendheid.
Die feit dat hy seker is niemand gaan hom in Desember in die ANC se leierskapsverkiesing uitstof nie, maak hom meer manmoedig – en daarom die uitlating oor die staat wat nie 'n primêre werkskepper is nie, wat hom voorspelbaar in die Kommunisteparty en Cosatu se slegte boekies laat beland het.
Dalk voel die president hy kan nou minder op die ANC se binnepolitiek fokus en sy visie vir 'n meer effektiewe staat en groeiende ekonomie implementeer – sy volgende gewildheidstoets is eers met die algemene verkiesing in 2024 (Lindiwe Sisulu se uitdagendheid het soos 'n loodballon geval)...
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Deel
-
Deel
Max du Preez
HoofredakteurMax du Preez is die hoofredakteur van Vrye Weekblad. Hy was die stigtersredakteur van die oorspronklike Vrye Weekblad.