Die Koue Oorlog is terug. En dit is bloedig

STOP DIT, VLADIMIR

Die Koue Oorlog is terug. En dit is bloedig

Ons kleinkinders sal eendag leer dat die geskiedenis van Europa en inderdaad die wêreld op Donderdagoggend 24 Februarie 2022 'n heel nuwe wending geneem het, skryf MAX DU PREEZ.

DIE demokratiese wêreld se onmag om Vladimir Putin te keer om Oekraïne, 'n onafhanklike, demokratiese staat, binne te val, is 'n terugslag vir die demokrasie en 'n hupstoot vir outokratiese regimes.

As Vladimir Putin met sy inval in Oekraïne wegkom en die verkose regering van pres. Volodymyr Zelenskyy vervang met 'n marionette-regering wat uit die Kremlin beheer word, soos binne dae kan gebeur, kan die internasionale orde oor 'n jaar of wat van nou af ietwat anders daar uitsien.

As 'n relatief magtige staat, nogal 'n permanente lid van die Veiligheidsraad van die Verenigde Nasies, toegelaat word om 'n  soewereine demokratiese land en mede-VN-lid militêr binne te val, kan die versoeking later groot wees vir, byvoorbeeld, China om ook Taiwan onder sy volledige beheer te plaas...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.