Putin moet kies: ’n gebroke Oekraïne of sy eie gebroke ego

DIE MILITÊRE OPSIES

Putin moet kies: ’n gebroke Oekraïne of sy eie gebroke ego

Die propagandamasjien is die magtigste wapen wat in die konflik tussen Oekraïne en Rusland ingespan word, en een wat pres. Volodymyr Zelensky meesterlik gebruik om die wêreld teen die invallers te draai. Dít vergoed egter nie daarvoor dat die Russe in haas elke ander opsig verreweg die oorhand het nie. ERIKA GIBSON bekyk die militêre opsies in dié konflik.

DIE publiek het lanklaas 'n oorlog met sóveel passie en entoesiasme gevolg as die inval van pres. Vladimir Putin se magte in Rusland se buurland aan sy westelike flank. Of die VSA óf die lande van die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie (Navo) verwag het dat Putin tot aksie sou oorgaan, is nog 'n kwessie van debat. Die wedersydse onmin tussen die twee lande duur immers al vir minstens die afgelope agt jaar voort.

Putin het reeds teen die einde van 2021 met 'n magsopbou aan die oostelike grens van Oekraïne begin. Zelensky se aspirasies om lid van Navo te word en Navo se planne om sy invloedsgebied nader aan Putin se drumpel uit te brei het die Russiese leier duidelik vasberade gelaat om dit teen te staan.

Die VSA en Navo het moontlik juis dié vasberadenheid onderskat, want strydig met wat hulle einde laasjaar net as 'n geratel van swaarde deur Putin afgemaak het, het Rusland op 24 Februarie Oekraïne binnegeval...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.