DAAR is soveel Russiese soldate wat in Oekraïne sneuwel dat hulle sukkel om aanvalsoperasies te doen en nou vervangingstroepe wil inbring, is die strekking van 'n situasieverslag (https://twitter.com/DefenceHQ/status/1503851779175370760) wat Britse militêre intelligensie die afgelope week bekendgemaak het.
Rusland herontplooi nie net van sy eie troepe wat elders gestasioneer is na Oekraïne nie, sê die intelligensieverslag, maar wil ook meer huursoldate uit Sirië en van privaat militêre maatskappye werf.
Einde Februarie reeds was daar twee groepe in Oekraïne bedrywig wat in opdrag van die Kremlin die Oekraïnse president, Volodymyr Zelensky, in 'n sluipmoordaanval wil vermoor: spesiale magte van Tsjetsjnië en minstens 400 huursoldate net in Kyiv. Oekraïne beweer dié huursoldate is voormalige lede van Spesnatz, oftewel Rusland se spesiale magte. ..
Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.