Dokumentasie van dood: soldate wat skiet sonder gewere

BEWYSE VAN OORLOGSMISDADE

Dokumentasie van dood: soldate wat skiet sonder gewere

Wat vereis dit van die fotograwe wat ons vir 'n oomblik toegang en insig gee in die bloederige hart van konflik, soos in Oekraïne? Is een onvergeetlike foto wat 'n oorlog visueel vasvang hulle lewe werd? ELSABE PEPLER meen foto- en videomateriaal is potensieel kragtiger as werklike wapens.

DIS vroegoggend op Dinsdag 8 Maart 2022. Mense in die VSA pendel werk toe en lees hul The New York Times. Op die voorblad, bo die voulyn en net onder die mashoof, is daar 'n foto wat een sekonde in die skielike, afgryslike Oos-Europese oorlog in Oekraïne vasgryp. Gestol in tyd, vir ewig gedokumenteer.

Die leser sien vier liggame. Twee volwassenes en twee kinders, oënskynlik dood, met hul bagasie om hulle gestrooi, en enkele soldate rondom hulle op 'n brug tussen Lviv en Kyiv. Die foto is geskiet deur die oorlogfotograaf Lynsey Addario, ongeveer 15 meter van die gestorwe groepie af. Sy het vir haarself gesê (https://www.wbur.org/cognoscenti/2022/03/17/lynsey-addario-photojournalist-ukraine-russia-war-karen-list): “Ek kan nie hierdie foto neem nie. Ek moet hierdie foto neem.” Dié  gesin is deur 'n mortier raak geskiet, hoewel die biologiese pa later ongedeerd gevind is. Die man was iemand wat die ma en twee kinders probeer help het.

Verewig op film..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.