DAAR is gerugte dat hy na strafkolonie nommer ses (IK-6) in die dorp Melekhovo geskuif gaan word, waar gevangenes se vingernaels uitgetrek word. Ten minste, sê die Russiese aktivis Alexei Navalny, sal hy dan ’n verskoning hê om ’n byderwetse emoji te gebruik. En dan plak hy summier ’n emoji van vingernaels wat met rooi naellak geverf word op die tweet.
Dis kenmerkend van die man wat só deur Vladimir Putin gehaat word dat die Russiese president nie eens sy naam in die openbaar wil noem nie: Wrang, asof hy niks te ernstig opneem nie, ’n bietjie arrogant, braaf en veral deeglik bewus van hoe hy maksimum impak op sosiale media kan hê.
Navalny, waarskynlik dié belangrikste opposisie-politikus in Rusland en Putin se prominentste en mees charismatiese teenstander, tweet sporadies vanuit aanhouding in vermoedelik die IK-2-strafkolonie oos van Moskou. Sy woordvoerder en assistent wat self deur Russiese owerhede gesoek word, Kira Yarmysh, skryf in reaksie op haar Twitter: Vergrype en marteling kom in baie Russiese tronke voor, maar IK-6 is ’n “monsteragtige plek selfs gemeet aan sulke waansinnige standaarde”...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.
Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.