Hoe Transnet SA laat ontspoor het

TUSSEN TREINE

Hoe Transnet SA laat ontspoor het

Ons almal weet watter impak Eskom op Suid-Afrika se ekonomiese groei gehad het, maar Transnet se klaaglike mislukkings is net so verwoestend, skryf PAUL ASH.

OP ’n vlug van Johannesburg na Nampula in Februarie 2005 het ’n wyse Amerikaanse spoorwegman oorgeleun na die verslaggewer wat op pad was om hom op ’n sukkelende, oorlogverweerde spoorlyn in die noorde van Mosambiek te vergesel . “Ek is so bly om onderweg te wees na ’n land waar spoorweë ’n toekoms het."

Sy frustrasie was tasbaar. Die vorige week is vermors deur vrugtelose pogings om vergaderings met senior bestuurders by die destydse Spoornet te reël om te sien of die staatsonderneming konsessies aan privaat operateurs sou gee vir sytakke wat in onbruik verval het.

Ná dae van gekanselleerde vergaderings en onbeantwoorde oproepe het die Amerikaner sy geld en ondervinding in spoorvervoer elders heen gevat en net nooit teruggekeer nie...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.