Staatskaping: Waar gaan geld vir vervolgings vandaan kom?

BEGROTINGSPROBLEME

Staatskaping: Waar gaan geld vir vervolgings vandaan kom?

Dis duur om ingewikkelde sake oor staatskaping te vervolg. Boonop styg misdaadvlakke en gaan georganiseerde misdaad en korrupsie na verwagting al hoe meer kompleks raak, skryf CARIEN DU PLESSIS. Maar as daar nie suksesvolle vervolgings is nie, kan die bloedhonde mekaar begin opvreet.

EEN Vrydagmiddag in Oktober 2015 het Duduzane Zuma, seun van Jacob Zuma (toe nog die president), vir Mcebisi Jonas na ’n privaat ontmoeting by die Gupta-broers se huis in Saxonwold in Johannesburg geneem. Jonas was die adjunkminister van finansies.

Daar, het Jonas later aan die kommissie van ondersoek na staatskaping gesê, het Rajesh Gupta hom R600 miljoen aangebied om ’n bevordering te aanvaar en die minister van finansies, Nhlanhla Nene, te vervang.

Volgens Jonas se weergawe het die broers gesê: “Jy moet verstaan, ons is in beheer van alles" – die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), die Valke, asook die Nasionale Intelligensie-agentskap, soos wat dit toe bekend was...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.