Waarom die land se bestes die pad vat – en wat ons daaraan kan doen

STOOT EN TREK

Waarom die land se bestes die pad vat – en wat ons daaraan kan doen

Suid-Afrika het oor die jare baie plaaslike talent aan ander lande afgestaan. Dis nie net weens stootfaktore soos die trae ekonomie, swak bestuur en hoë vlakke van misdaad nie – meer ontwikkelde ekonomieë elders bied eenvoudig beter geleenthede op ’n groter skaal, skryf BRUCE WHITFIELD.

DIE invloedryke 19de-eeuse ekonoom Thomas Malthus het gesê grootskaalse emigrasie impliseer ongelukkigheid van een of ander aard in die land waaruit mense trek. Maar dikwels is die rede eenvoudig dat daar elders beter geleenthede is, en hiervan kan verskeie Suid-Afrikaans-gebore entrepreneurs wat hul fortuin in die VSA gaan maak het, getuig.

Die beste voorbeeld is Elon Musk, die uitvoerende hoof van Tesla en SpaceX. In 2021 het hy die rykste persoon ter wêreld geword, hoofsaaklik danksy ’n toename in die waarde van sy aandele in die motorvervaardiger Tesla, en was hy meer as $300 biljoen werd. Selfs nadat Amerikaanse aandele vanjaar gesukkel het, is hy steeds sowat $212 biljoen werd.

Verlede jaar is Musk deur die tydskrif Time as sy Persoon van die Jaar aangewys – ’n vreemde keuse gegewe die wetenskaplikes wat gehelp het om die ergste gevolge van die mees verwoestende pandemie in ’n eeu te verlig deur entstowwe in ’n rekordtyd te ontwikkel. Maar die redakteurs se keuse, soos hulle sê, is finaal...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.