5 scenario’s vir Cyril

DIE PAAIE WAT HY KAN LOOP

5 scenario’s vir Cyril

CARIEN DU PLESSIS sien vyf moontlike maniere waarop die president se sake kan uitspeel.

AANTYGINGS dat pres. Cyril Ramaphosa die diefstal in 2020 van $4 miljoen dollar uit hulle wegsteekplekke in meubels toegesmeer het, het aan die lig gekom toe dit al hoe meer begin lyk het asof ’n tweede termyn vir hom ’n sekerheid was.

Drie provinsiale konferensies het in sy guns geswaai, en ’n paar dae nadat die bewerings op 1 Junie in ’n affidavit van die voormalige spioenbaas Arthur Fraser opgeduik het, het ’n vierde provinsie, Limpopo, hul steun aan Ramaphosa toegesê ten spyte daarvan.

Limpopo, die Oos-Kaap en Mpumalanga, drie van die vier grootste provinsies, is nou agter hom, en anders as vyf jaar gelede het hy nou noemenswaardige steun in KwaZulu-Natal ook, selfs al is dit nie die meerderheidsteun nie...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.

Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.

Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.

Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.