Boris Johnson: ’n Verhaal van leuens, ’n alewige gefuif, en smet

BAAI-BAAI BORIS?

Boris Johnson: ’n Verhaal van leuens, ’n alewige gefuif, en smet

Al het ’n uitdagende Boris Johnson aangekondig hy gaan bedank, weier hy om Downingstraat 10 tot die aanbreek van die Europese winter te verlaat. Hy is in ’n swak posisie, maar moenie verwag hy gaan die duur en nuwe goue muurpapier gewillig van sy mure afstoom nie, skryf ADRI KOTZÉ.

DIT is gepas dat Boris Johnson se aankondiging dat hy as Britse premier gaan bedank morsig, uitdagend, sonder grasie en aan die einde van ’n week van onthullings oor Tory-smetterigheid gekom het. Soos sy premierskap was dit toondoof en minagtend. Al waarin Boris Johnson belangstel, is Boris Johnson. En mag. 

Soos Dominic Cummings, sy voormalige raadgewer wat dalk die binnekamers van Johnson se politieke instink en styl die beste ken, in reaksie gesê het: Hy blameer almal behalwe homself vir sy ondergang, dink hy is eintlik die slagoffer, en skep reeds ’n verhaal van verraad wat hy in die toekoms by die Konserwatiewe Party se konferensies en in koerantrubrieke kan gebruik. (Dis die einste Cummings wat Johnson gehelp het om die Brexit-referendum te wen en hom in Downingstraat 10 ingehelp het.)

Al het Johnson die hele week vasgeskop en teen die wense van sy magtigste kabinetslede aan sy posisie probeer klou, was daar op die ou einde een skandaal en een toesmeerdery te veel – en toe dit aan die lig kom dat hy vir sy eie parlementslede gelieg het oor wat hy in 2019 geweet het van die seksuele misdrywe van die LP Chris Pincher toe hy hom as adjunksweep aangestel het, het hulle in strome begin bedank. (’n Dronk Pincher het verlede week weer twee mans in ’n klub seksueel geteister.)..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.