Politieke Notaboek | AAAmen, eerwaarde Mogoeng Mogoeng

DIE WEEK IN DIE NUUS

Politieke Notaboek | AAAmen, eerwaarde Mogoeng Mogoeng

MAX DU PREEZ skryf oor Mogoeng wat president wil word, Allan Boesak wat wil hê Lindiwe Sisulu moet president word en Zweli Mkhize wat weghardloop van sy skandaal omdat hý president wil word.

DIT is nou amptelik, ná jare se dreigemente: oud-hoofregter Mogoeng Mogoeng het nou 'n politieke party agter hom en wil die president van Suid-Afrika word. Of nee, ek is verkeerd: Dis nie hy wat president wil word nie, dis 'n Hoër Hand wat hom gebied om president te word. Hy voer net opdragte uit.

Die party is die All African Alliance Movement – AAAM. Die drie A’s is dalk moeilik om uit te spreek sonder om te klink of jy te veel sodawater gedrink het, so miskien moet Mogoeng dit maar AAAMen maak. Amen beteken tog “so is dit”, of “dis die waarheid”.

AAAM is deur priesters, pastore, “tradisionele spiritualiste” en tradisionele leiers gestig, skynbaar met die eintlike doel om Mogoeng president te maak...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.