Politieke Notaboek | Die narre in die Dali-Busisiwe-sirkus is ...

DIT WEMEL

Politieke Notaboek | Die narre in die Dali-Busisiwe-sirkus is nie snaaks nie

MAX DU PREEZ skryf oor Busi se lyfwag wat te veel KFC geëet het, Julius wat sê 'n ANC-LP se brein is soos rotdrolletjies, oor vrede in Tigray en Elon Musk se blou bosluisies.

LIEWE belastingbetaler. Was jy daarvan bewus dat jy help betaal het om tjiepskyt propagandiste 'n veldtog teen die regbank te laat voer? En dit terwyl jy self slaggate moet regmaak, jou ligte met batterye moet aanhou en privaat sekuriteit moet betaal om jou veilig te hou?

Was jy voorts daarvan bewus dat jy al gehelp het om Dali Mpofu SC (Senior Clown) R12 miljoen ryker te maak deur die “Openbare Beskermer” in vele vrugtelose hofsake te verteenwoordig? Dat Busisiwe Mkhwebane al R147 miljoen aan regsfooie betaal het – ons belastinggeld?

Die woord “sirkus” vir die parlementêre ondersoek na Mkhwebane se geskiktheid is ietwat misleidend. Die hansworse is aanstellerig, die sweefstokartieste is bang vir hoogtes en die leeus wil nie brul nie...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.

Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.

Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.

Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.