Vermis: 1 miljoen AK47-patrone

ANGSWEKKENDE RAAISEL

Vermis: 1 miljoen AK47-patrone

Wat het geword van die 20 ton AK47-ammunisie wat die weermag sonder in- of uitvoerpermitte in Namibië gaan oplaai het en na Mosambiek moes vervoer? Die Valke probeer uitvind, skryf ERIKA GIBSON, maar sy kon self geen papierspoor daarvan vind nie.

DIÉ yslike besending ammunisie het sy oorsprong meer as 'n jaar gelede toe die lidlande van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) besluit het om 'n ingrypingsmag na die noordelikste provinsie van Mosambiek, Cabo Delgado, te stuur.

Bloedige aanvalle op plaaslike inwoners deur ekstremiste, bekend as Ahlu Sunna wa Jamaah (ASW) – of “Al-Shabaab” – het die provinsie in  geweld gedompel.

Al-Shabaab voer reeds sedert 2017 'n skrikbewind in die provinsie. Duisende Mosambiekers het van daar af suidwaarts gevlug. In April verlede jaar was daar 'n besetting van Mocímboa da Praia en Palma, waar buitelandse gasmaatskappye besig was om Mosambiek se gasvelde te ontgin...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.