Oor Snuki, die ANC-konferensie, Zanufisering en ’n drinkspeletjie

DRIE DOLKE VIR DE RUYTER

Oor Snuki, die ANC-konferensie, Zanufisering en ’n drinkspeletjie

As jy na die ANC se konferensie gaan luister en elke keer ’n dop drink as jy witmonopoliekapitaal, staatsbank, nasionale demokratiese revolusie of radikale transformasie hoor, gaan jy ná die naweek met ’n helse babelas sit, skryf MAX DU PREEZ.

TOE ek dié week nadink oor wat in die ANC aan die gebeur is en oor hulle nasionale konferensie wat vandag begin, het ek iets onthou wat ek in April 1999 in die Mail & Guardian geskryf het: “I smelled Robert Mugabe in the corridors of the SABC this past week. South Africa cannot afford it.”

Dit was 'n onderhoud met Snuki Zikalala op televisie dié week wat my geheue geprikkel het. Zikalala is deesdae die woordvoerder van die ANC-veteranegroep wat Cyril Ramaphosa steun.

Vlugtig 'n bietjie agtergrond. Zikalala, 'n gewese politieke commissar van Umkhonto We Sizwe, het die ANC se oorname van die openbare uitsaaier in 1999 gelei en dit 'n staatsuitsaaier, dus ANC-uitsaaier, gemaak. Ek, op daardie stadium 'n senior uitvoerende regisseur, was sy eerste prooi, want ek wou nie aan dié spel deelneem nie – en ek is bleek van vel. Dit was die begin van 'n vinnige afwaartse spiraal vir die SAUK wat uiteindelik op Hlaudi Motsoeneng uitgeloop het...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.