Saboteurs en spoke laat sukkel Prasa om treine reg te ruk

VUIL, STUKKEND EN GEVAARLIK

Saboteurs en spoke laat sukkel Prasa om treine reg te ruk

Dis moeilik om by te hou met al die skades en skandes wat met die land se passasierstreine te doen het. WILLEM KEMPEN het onder meer amaBhungane se uitstekende ondersoek na Prasa se jongste rondvallery met tenders gelees en lig van die belangrikste punte daarin uit.

DALK die beste opsomming van die droewige stand van sake is dié statistiek: Van 2011 tot 2021 was daar ’n afname van 97% in die totale aantal passasiersritte wat op Suid-Afrika se treine onderneem is. Dit kan nie eintlik anders nie, want tussen stasies wat gevandaliseer en afgebreek word, treinwaens en lokomotiewe wat vir soms duistere redes aan die brand gesteek word, hele spoorlyne en kilometers sinjaalkabel wat gesteel word om as skrootmetaal verkoop te word, en die algemene plundery en bedrog wat onder gierige staatskapers hoogty gevier het, is die land se spoor-infrastruktuur ’n fraksie van wat dit eens was.

Prasa (https://www.prasa.com/) is besig met ’n program om dié infrastruktuur weer op te bou. As deel hiervan is die afgelope week begin om spoggerige blou-en-grys stedelike waens en lokomotiewe bekend as The People’s Train, oftewel Isitimela sa Bantu, ook in Gauteng te gebruik, spesifiek op die Naledi-roete in Pretoria. Die treine word deur die Gibela-konsortium vervaardig en aan Prasa gelewer.

Sommige pendelaars was vies dat onder meer kerklike aktiwiteite, handeldryf, dobbel en rook op die nuwe treine verbode is “in the interest of prioritising commuter safety, information, journey comfort, cleanliness, convenience, and universal accessibility”, soos Lillian Mofokeng van Prasa in Gauteng dit aan Business Insider (https://www.businessinsider.co.za/prasa-insists-commuters-stop-preaching-and-trading-in-trains-2022-12) verduidelik het, maar minstens lyk dit of daar hard probeer gaan word om ’n veilige en betroubare diens te lewer...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.