Swart onderwys is ’n misdaad

MISLUKKENDE ONDERWYSSTELSEL

Swart onderwys is ’n misdaad

Die manier waarop die ANC-regerings sedert 1994 die onderwys van veral swart leerlinge opgemors en verwaarloos het, is soortgelyk aan ’n misdaad teen die mensdom, ’n oordeel wat tereg ook oor apartheid gevel word, skryf MAX DU PREEZ.

DIE mislukkende onderwysstelsel is nou die primêre drywer agter die gevaarlike en groeiende ongelykheid in Suid-Afrika, veral omdat die onderwys van wit en Indiër-leerlinge steeds van hoë gehalte is.

Ons sit vandag met 'n hele geslag jong Suid-Afrikaners wat half-geletterd is, te swak opgelei om uit die valstrik van kroniese armoede te ontsnap en betekenisvol aan die ekonomie deel te neem.

Miljoene jong swart Suid-Afrikaners onder 25 jaar oud sit vandag ledig by die huis in die townships, plakkerskampe en tradisionele gebiede. Dit is ’n vrugbare teelaarde vir maatskaplike en persoonlike probleme en ’n resep vir toekomstige onstabiliteit. ..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.