Portret | Tussen die Romeine en die Hollanders is dié een net...
WAT IS ROMEINS-HOLLANDSE REG?
Portret | Tussen die Romeine en die Hollanders is dié een net reg vir ons
Hoekom moet Suid-Afrika as 'n onafhanklike regstaat met 'n progressiewe grondwet nog vasklou aan iets wat so argaïes en Eurosentries klink soos ‘Romeins-Hollandse reg’? WILLEM KEMPEN wonder net soos John Hlophe oor dié vraag, maar kom by ander antwoorde uit.
ONS het 'n lang geskiedenis hier aan die suidpunt van Afrika van wette wat onregverdige diskriminasie, uitbuiting en gruwelike onregte moontlik gemaak en selfs aangemoedig het. Maar ons het ook 'n amper ewe lang tradisie van howe wat die wet van die dag – so verkeerd soos dit dikwels was – op 'n konsekwente en oorwoë manier toegepas het.
Wanneer iemand soos John Hlophe, wat nou 'n lid is van dieselfde parlement wat hom in Maart as 'n regter uit sy amp verwyder het, dus soos nou onlangs weer kla dat die Romeins-Hollandse regstradisie nie meer 'n plek in ons howe behoort te hê nie, klop hy aan die verkeerde deur (dis nou as hy nie bloot oneerlik is nie). Hlophe sou heel waarskynlik ook ingevolge enige ánder gerespekteerde regstradisie deur die Regterlike Dienskommissie aan gruwelike wangedrag skuldig bevind gewees het, want die bestaande wette en reëls en grondwet tel meer as die historiese oorsprong van die stelsel.
Maar het hy en ander kritici 'n punt beet as hulle sê dat ons regstelsel moet wegkom van 'n benadering wat sy oorsprong eeue en selfs millennia gelede op 'n ander vasteland gehad het? Behoort ons, in Hlophe se woorde, die regbank te “Afrikaniseer” en te “dekoloniseer” en weg te doen met “al die Latynse nonsens”?..
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Deel

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Verwante Artikels
18 dinge om oor kriptogeld te weet
Sê nou net dit kan nie Biden wees nie
Wie is Duduzile Zuma–Sambudla?
Hoekom die Franse so graag DStv wil beheer
Groot geld, groen mynbou, miljoene se toekoms
Deel
-
Deel
Willem Kempen
Redakteur: DaagliksWillem Kempen is ’n hoofredaksielid van Vrye Weekblad. Hy is ook ’n voormalige redakteur van Finweek.