EUROPA SE NUWE POLITIEK
Portret | Onder dié klomp sien jy nie sommer ’n skinhead of swastika nie
Die toenemende gewildheid van regse groeperinge in Europa sou nie kon gebeur het as hulle nie wegbeweeg het van hulle ou beeld as onbeskaafde rassiste en fasciste nie, maar sommige van daardie wortels is nie diep begrawe nie, skryf WILLEM KEMPEN.
EUROPA SE NUWE POLITIEK
Portret | Onder dié klomp sien jy nie sommer ’n skinhead of swastika nie
Die toenemende gewildheid van regse groeperinge in Europa sou nie kon gebeur het as hulle nie wegbeweeg het van hulle ou beeld as onbeskaafde rassiste en fasciste nie, maar sommige van daardie wortels is nie diep begrawe nie, skryf WILLEM KEMPEN.
Deel
MÔRE en oormôre stem die Franse in die tweede ronde van hulle parlementêre verkiesings. In die eerste een het Marine le Pen se Rassemblement National (voorheen die Front National) met 33% die beste van al die partye gevaar; pres. Emmanuel Macron se Renaissance kon net 22% kry. Die afgelope week het gematigde en linkse partye geskarrel om 'n koalisie gevorm te kry om Le Pen se opmars te probeer stuit.
Terwyl Le Pen die golf ry en oral te sien is waar sy stemme werf, het Macron homself skaars gehou. Met opset, want sy onverwagte besluit om blitsverkiesings te hou het reg in Le Pen se hande gespeel. Macron het, soos 'n Renaissance-ampsdraer anoniem aan 'n Franse koerant gesê het, “onderskat hoeveel die publiek deur sy persoonlikheid afgeskrik word". 'n Bondgenoot van Renaissance bepleit selfs 'n strategie van “de-Macronisation” om dinge te probeer red.
Dié term resoneer met 'n strategie wat in die laaste jare met groot sukses deur die einste Marine le Pen se party toegepas is: Dédiabolisation, letterlik om die party te laat wegstaan van sy beeld as iets diabolies, uit die bose, om hulle aanvaarbaar vir 'n groter groep kiesers te maak...
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Verwante Artikels
Europa se regses loer vir dié in SA
Is Songfestival skrif aan die muur vir Europese Parlement?
Dooies word ontroerend gedenk, maar oorlog stu voort
Jong mense die eerste keer meer konserwatief as hulle ouers
Parys: Waar chaos en revolusie kom en gaan
Westerse dominering taan, en dis nie sleg nie
Haïti: Van eilandparadys tot toonbeeld van ellende
Deel
-
Deel
Willem Kempen
Redakteur: DaagliksWillem Kempen is ’n hoofredaksielid van Vrye Weekblad. Hy is ook ’n voormalige redakteur van Finweek.