Hoekom is die ANC in die arms van die DA?

VREEMDE TEENSTRYDIGHEDE

Hoekom is die ANC in die arms van die DA?

PIET CROUCAMP wonder of die ANC in 'n verrassende wending die giftige mantel van ‘bevrydingsbeweging' afgeskud het deur 'n eenheidsregering met die DA as grootste vennoot te vorm.

SUID-AFRIKA is 'n land van vreemde teenstrydighede. Terwyl die DA se steun die afgelope paar verkiesings grootliks bestendig gestagneer het, het 'n beduidende getal Suid-Afrikaners op 29 Mei 2024 die regerende party gestraf deur vir die links-radikale EFF en MK Party te stem, en in die proses die sosiaal-demokratiese ANC in die liberale DA en die markekonomie se arms gedryf.

In 'n Daily Maverick-artikel die afgelope week bespiegel Greg Mills en Ray Hartley oor die motiewe van die ANC om ná afloop van die verkiesing 'n politieke ooreenkoms met die liberale DA, eerder as met die EFF van Julius Malema en die MKP van Jacob Zuma, aan te gaan.

Dié twee “linkse partye” het saam meer as 24% van die uitgebragte stemme gekry. Max du Preez en JP Landman het al geargumenteer dat die DA en die ANC wat beleid betref meer met mekaar gemeen het as die ANC en die EFF/MKP. Ek sluk nog moeilik aan dié twee here se logika, maar het nog nie werklik goeie teenargumente nie. Om die waarheid te sê, in my relaas vandag beaam ek tot ’n mate hulle insigte, so ietwat teen my beterwete...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.