RNE móét werk – SA verwag dit van ons, sê Leon Schreiber

ONDERHOUD

RNE móét werk – SA verwag dit van ons, sê Leon Schreiber

Binnelandse sake is sinoniem met ‘stukkend', sê die nuwe minister, dr. Leon Schreiber. As dié departement op die regte pad kan kom, beteken dit Suid-Afrika kan ook. ANNELIESE BURGESS gesels met hom oor die RNE-onderhandelings wat ‘jare van sy lewe' gekos het, en die komende naweek se lekgotla waar gesprekke rondom beleidskwessies deurslaggewend gaan wees vir die pad vorentoe.

LEON SCHREIBER is dik verkoue. “Maar wat, ons moet deurdruk," sê hy vir my hoes-hoes vanuit sy kaal parlementêre kantoor in Kaapstad, toegewikkel in 'n bruin windjekker. 

Dit is 10 dae sedert die president se kabinetsaankondiging. Ons Zoom-afspraak vir 13:00 was verbysterend maklik om te maak; hy het sommer deur 'n DA-mediapersoon laat weet dat hy direk met my sal skakel oor 'n tyd. Ek sit op die vloer in 'n hoekie van Exclusive Books om van die O.R. Tambo Internasionale Lughawe se geraas weg te kom. 

Dit is 12:53. Ek sit al met Zoom oop op my skootrekenaar. ..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.