STEL DIE VOORBEELD?
Is die DA horende doof vir seksuele wangedrag?
’n Party soos die DA wat glo net die hoogste waardes onderskryf, behoort nooit te huiwer of te versuim om op te tree wanneer ernstige aantygings teen sy ampsdraers gemaak word nie, skryf IKE BOSS.
STEL DIE VOORBEELD?
Is die DA horende doof vir seksuele wangedrag?
’n Party soos die DA wat glo net die hoogste waardes onderskryf, behoort nooit te huiwer of te versuim om op te tree wanneer ernstige aantygings teen sy ampsdraers gemaak word nie, skryf IKE BOSS.
Deel
POLITIEKE partye verklaar (https://www.da.org.za/2024/03/da-unveils-candidates-for-npe-2024-to-rescue-south-africa) graag dat hulle openbare verteenwoordigers onder net die heel beste en slimste Suid-Afrikaners gewerf word en dat hulle die party se waardes en beginsels uitleef. As ’n party dan traag of selfs onwillig is om klagtes van beweerde seksuele wangedrag en geslagsgeweld (GBV) onder hierdie verteenwoordigers te ondersoek en te straf, is die party fundamenteel gebrekkig en pleeg dit verraad teen die openbare vertroue.
Om en by 25 April 2022 het 'n skoolmeisie en haar pa aan 'n DA-raadslid van George gerapporteer dat die onderburgemeester van George, DA-raadslid Raybin Figland, en die meisie eksplisiete persoonlike beelde en boodskappe van 'n seksuele aard op WhatsApp uitgeruil het.
Die voorval is bevestig deur Figland se uiteindelike erkenning daarvan, en die DA se federale regskommissie (FLC) het op 20 Februarie vanjaar opgemerk, “As 'n leier in die plaaslike uitvoerende regering word die hoogste standaard van die opperste goeie trou (uberrima fides) van Figland verwag. Afpersingsgedrag, ongeag die ouderdom van die slagoffer, minag hierdie standaard ... Voorts is die ouderdom van die slagoffer slegs relevant om te bepaal of Figland 'n misdaad gepleeg het en is dit nie 'n beslissende faktor om te bepaal of 'n prima facie-daad van wangedrag plaasgevind het nie.”..
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Verwante Artikels
Is die duiwel los, of is dit net in my kop?
Remskoene aan die wiele van geregtigheid
Die vuis in die lakens
Gaan dit oor die musiek of die man?
Die bloedige oorlog wat ons skaars ’n oog laat knip
Kindermishandeling: ’n Verhaal van twee howe
Genoeg gepraat oor misdaad
Deel
-
Deel