Brief uit Amerika | Laat die Walz begin

VSA VERKIESING

Brief uit Amerika | Laat die Walz begin

Die keuse van Tim Walz as Kamala Harris se spanmaat in die presidensiële verkiesing het die Demokrate se euforie nog verder laat opvlam, vertel ANNELIESE BURGESS uit Amerika. Walz is 'n netjiese teenvoeter vir Harris se liberale Kaliforniese wortels – die plattelandse oom uit die Midde-Weste.

MY GROEP vriende van Los Angeles hou vir my 'n laaste aandete in die Palisades. Daar is carnitas op die grill, tortillas in die oond, en regte tomatillo-salsa van die Mexikaanse winkel om die hoek. Gooi 'n asemrowende sonsondergang oor die Stille Oseaan daarby, en dit is die perfekte Kaliforniese aand.

Tim Walz is vroeër die dag as Kamala Harris se visepresidensiële kandidaat aangewys. Ons kyk na 'n heruitsending van Harris en Walz se eerste gesamentlike rally in Philadelphia vroeër die dag.

Die groep mense om die kombuistafel se bloed is blou. Diep Demokrate. Die tipe mense wat optogte reël en help met registrasieveldtogte vir kiesers. En tot twee weke gelede, voor Harris se toetrede as presidentskandidaat, was hierdie klomp in 'n diepe depressie oor die vooruitsig van 'n tweede Trump-termyn, veral ná Joe Biden se hopelose vertoning in die laaste debat. ..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.