Brood dik gesmeer met leuens maak Trump se pad oop

WITHUIS WINK

Brood dik gesmeer met leuens maak Trump se pad oop

PIET CROUCAMP wonder of die magte wat Donald Trump in 2016 tot in die Withuis gedra het, soos 'n middelklas onder ekonomiese druk wat reaksionêre kommentators laat floreer, nog sterk genoeg is om sy sukses te herhaal.

EK is nie werklik ’n kenner van Amerikaanse politiek nie, maar het geryloop van New York tot in San Francisco en in sewe state bouers gehelp bou. Ek het oor ’n tydperk van 18 maande saam met daggarokers, kokaïensnuifers en doodgewone Yanks deur meer as 30 ander state gereis, meestal op my duim.

Die laaste van daardie 18 maande het ’n Namibiese sielsgenoot en mede-schemer, Wouter van Zijl en sy vrou, die reis meegemaak en ons mymeringe oor wie die ware Yank sou wees, het baie van my eie infantiele idees omvorm in begrip vir die kompleksiteit van Amerika. Dit klink dus asof ek aanspraak kan maak dat ek iets van George Washington se land gesien het wat nie noodwendig alle politieke kommentators en sleutelbordsoldate beskore was nie.

In die aanloop tot die Amerikaanse verkiesing in November 2024 is ek soos die res van die wêreld gefikseer op die hoofstroom- en sosiale media oor wat in Amerika aangaan en waarheen die land op pad is in 2025. Wat my betref, is dit weer tyd vir ’n ouskool Demokraat om die leisels van die Withuis te vat, een met ’n werkende bewussyn. Die grondwet laat dit nie toe nie, maar dalk moet daar ’n uitsondering gemaak word met Barack Obama – kry hom terug in die Withuis. Alternatiewelik, bring Michele Obama, sy is net so goed of beter...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.