Die opkoms en ondergang van Julius

SON SAK ROOI

Die opkoms en ondergang van Julius

'n Dekade gelede was hy en vele ander seker hy gaan eendag president word, maar vandag lyk dit of selfs Julius Sello Malema se selftoegekende titel van ‘commander-in-chief' nie meer veel beteken nie, skryf MAX DU PREEZ ná die bedanking van Floyd Shivambu

DIE ongekende herrangskikking van politieke kragte ná die algemene verkiesing van 29 Mei wat die regering van nasionale eenheid gebaar het, het nou verder uitgekring met die EFF se adjunk-president, Floyd Shivambu, wat na die MK Party van Jacob Zuma oorgeloop het.

Malema het self gister gesê hy verwag dat heelwat ander EFF-lede Shivambu gaan volg. Mzwanele Manyi, eens 'n ANC-voorbok in die radical economic transformation (RET)-stal, toe stigter van die African Transformation Movement en toe EFF-parlementslid, het gister ook bedank en by die MKP aangesluit. Hy was deurentyd die woordvoerder van Zuma se stigting.

Die voorste politieke skinderbek op Twitter/X, Goolam, het gou gereageer en hom gevoeg by ander skindertonge wat glo dat Zuma se gunsteling-advokaat, Dali Mpofu, 'n hand in die nuwe skuiwe het...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.