Die man wat vriende maak deur te skop en te slaan en te wurg

WIE IS DRICUS DU PLESSIS EN WAT IS UFC?

Die man wat vriende maak deur te skop en te slaan en te wurg

Wees gewaarsku, WILLEM KEMPEN gaan nie 'n enkele lelike ding oor Suid-Afrika se middelgewig-UFC-wêreldkampioen skryf nie – nie uit vrees vir gebliksem raak nie, maar omdat Dricus du Plessis duidelik 'n moerse nice ou is.

ONS het gedink 'n Portret oor Dricus du Plessis is 'n goeie idee omdat baie van ons lesers nes ons self waarskynlik ook eers in Januarie vanjaar begin kennis neem het – dalk effens teensinnig – dat Suid-Afrika nou 'n wêreldkampioen in “hokgevegte" het. Moes dit nou juis 'n barbaarse spul soos dié wees, het ons dalk gewonder. En hoe lank gaan dit neem vir ou Dricus om iets op 'n wêreldverhoog kwyt te raak waarvoor ons ons nou weer gaan moet skaam?

Maar presies die teenoorgestelde het gebeur. Dricus du Plessis word dalk gereeld op die bolip raakgeslaan, maar hy is nie op sy bek geval nie. Ons het begin agterkom wat hy weet wat baie van ons nié geweet het nie: Dat hy 'n meesterlike gawe vir selfbemarking en die bevordering van sy sport het, 'n ambassadeur vir die land is, en 'n meme of drie aan die lewe kan skop elke keer wanneer hy sy mond oopmaak. Hy is pittig en welsprekend en lewenslustig, en allerhande soorte mense voel maklik tuis in sy geselskap. Hy kan boonop 'n bier in onder drie sekondes down én hy kan sing én hy het sy eie klerereeks (https://oldschool.co.za/collections/os-x-stillknocks) én hy het verlede naweek sy wêreldtitel suksesvol verdedig.

Dricus “Stillknocks" du Plessis (https://www.ufc.com/athlete/dricus-du-plessis) (sy bynaam kom om ooglopende redes van die slaappil Stilnox) het judo begin doen toe hy vyf jaar oud was, daarna stoei en skopboks teen die tyd dat hy 14 was. Drie jaar later het hy 'n goue medalje in die K-1-styl by die World Association of Kickboxing Organizations (Wako) se wêreldkampioenskap gewen. Sy oorskakeling na gemengde gevegskuns (mixed martial arts) het saamgeval met die Amerikaanse promosiemaatskappy Ultimate Fighting Championship (UFC) se toenemende oorheersing en regulering van dié sport. Hy het later landbou-ekonomie op Tukkies gaan swot, maar in sy finale jaar opgeskop om hom voltyds op UFC se soort gevegte toe te spits...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.