Die woede van vervreemding: die krag agter Trump en JZ
ESSAY UIT AMERIKA

'n Nuwe boek oor ‘white rural rage’ in Amerika laat ANNELIESE BURGESS parallelle sien tussen die wit woede wat die hoeksteen van Donald Trump se MAGA-beweging is en die stamgebonde ‘agtergelate’ ontevredenheid wat Jacob Zuma se MK Party aandryf.
WIT plattelandse kiesers het die belangrikste verkiesingseggenskap van enige demografiese groep in Amerika, en lank voordat Donald Trump se politiek van woede posgevat het, het dinktenks, belangegroepe en regeringsagentskappe talle verslae en waarskuwings uitgereik oor die verwoesting van landelike Amerika en die ernstige gevolge wat dit vir die politiek en weefsel van Amerikaanse demokrasie inhou.
Of Trump na die Withuis terugkeer of nie, sy eienaardige aantrekkingskrag onder landelike Amerikaners is een van die belangrikste politieke verhale in dekades.
Die lewe in Amerika se kleiner dorpe en distrikte verskil radikaal van dié in die kosmopolitiese kusstede. Die mense van die platteland het te kampe met 'n verskeidenheid pynlike en soms dodelike sosio-ekonomiese probleme – 'n krimpende bevolking, kwynende ekonomieë, dalende lone, toenemende werkloosheid, armoede, verkrummelende infrastruktuur, swak gesondheidsorg, verlies aan werksgeleenthede in die landbou en 'n toenemende afhanklikheid van die regering. (Voeg dan 'n opiaat-epidemie en 'n stygende vlaag van “wanhoop-sterftes" weens geweerselfdood en dwelmoordosis daarby)...
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Deel

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Verwante Artikels
Kamala het meer as goeie vibes nodig
Brood en sirkusse van leuens maak Trump se pad oop
Project 2025 en waarom Trump daarvan wegstaan
Laat die Walz begin
Van Biden se skadu tot die vrou wat Trump kan klop
Skote klap en Yankee-kierangs braai
Die ware ideologie van die MK-party
Die bloed op Zuma se hande
Deel
-
Deel
Anneliese Burgess
Anneliese Burgess is 'n voormalige mederedakteur van Vrye Weekblad. Sy is aangewys as algehele wenner van die 2023 ATKV-Mediaveertjie vir ondersoekende joernalistiek.