MAX DU PREEZ: Hang Steenhuisen en Zille se alt-right onderrok uit?

DA SE TRUMP-KAART

MAX DU PREEZ: Hang Steenhuisen en Zille se alt-right onderrok uit?

Die omstrede YouTube-celebrity Roman Cabanac is die naaste wat Suid-Afrika aan Amerika se Tucker Carlson kom. Hy is nou die hoof van DA-leier John Steenhuisen se ministeriële kantoor. MAX DU PREEZ probeer kop of stert uitmaak van hierdie bisarre aanstelling en ontdek 'n paar insiggewende brokkies.

ROMAN CABANAC is die DA-leier en minister van landbou, John Steenhuisen, se “chief of staff”. Dit is meer as wat die Afrikaanse woord “stafhoof” of “personeelhoof” aandui: Hy is die minister se regterhand. Volgens Steenhuisen self is dit 'n “administrative position that manages staff and workflows”, maar dit behels ook “documents and briefings as well as legal papers, appeals and other processes”.

Staatsdepartemente wat tevore dieselfde posisie geadverteer het, het onder meer skakeling met interne en eksterne rolspelers en met ander politieke strukture en instellings as verantwoordelikhede genoem.

Cabanac het 'n LLB-graad van Wits, maar het skynbaar nooit gepraktiseer nie en beskryf homself eerder as 'n regskonsultant. Volgens Steenhuisen het Cabanac jare lange ervaring van bestorwe boedels...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.