Thembi Simelane: ’n Verhaal van twee tragedies

MIN GEREGTIGHEID

Thembi Simelane: ’n Verhaal van twee tragedies

Vir PIET CROUCAMP is die bewerings van VBS-korrupsie teen die minister van justisie en staatkundige ontwikkeling, Thembi Simelane, 'n bitter pil om te sluk. Hy volg die lyding van haar familie deur die jare ná die verdwyning van haar suster, Nokuthula, toe sy in 1983 deur die Veiligheidspolisie ontvoer en waarskynlik vermoor is.

THEMBI SIMELANE is die minister van justisie en staatkundige ontwikkeling. Die politieke bom wat die afgelope week gebars het oor haar moontlike betrokkenheid by korrupsie, is nie vir my maklik om te verwerk nie. Ek het ’n sagte plek vir Thembi. My goeie vriend by die nasionale vervolgingsgesag (NPA) se eenheid vir vermiste persone (MPTT), Madeleine Fullard, bemoei haar al baie jare met die verdwyning van die minister se suster, Nokuthula Simelane.

Die verwikkelinge soos gedek in die media die afgelope week en die beweerde betrokkenheid van Simelane by die VBS-skandaal laat ’n letsel op ’n politieke reputasie van groot integriteit. In al haar jare in die staatsdiens en die bevrydingstryd is Simelane nooit genoem in verband met enige staatskaping of korrupsie nie.  

Ek het die minister nog nooit ontmoet nie, maar was nog altyd aangegryp deur die verskriklike lyding van haar familie wat nooit finaliteit kon kry oor die marteling, dood en verdwyning van Nokuthula nie. Haar storie is emblematies van die onopgeloste traumas van Suid-Afrika se apartheidverlede en die uitdagings van omvattende verantwoordbaarheid en geregtigheid in die post-apartheidera. Haar eerlike pogings om reg te laat geskied vir haar suster moenie nou ongedaan gemaak word nie...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.