Stadig oor die klippe met Steenhuisen

KOMPLEKSITEITE VAN LANDBOU

Stadig oor die klippe met Steenhuisen

Toe pres. Cyril Ramaphosa aankondig dat John Steenhuisen die nuwe minister van landbou is, was daar ’n koor van vreugdebetuigings onder baie kommersiële boere. PIET CROUCAMP waarsku egter teen die valse belofte van ’n politieke gemaksone wat ’n DA-minister bring.

MET die uitsondering van die termyn van die huidige speaker en voormalige minister van landbou, Thoko Didiza, het kommersiële landbou die afgelope 30 jaar gebuk gegaan onder ’n regering wat dit met wantroue bejeën en is dié belangrike sektor van die ekonomie plek-plek selfs polities ondermyn deur die ANC.

Didiza se vertrek na die nasionale vergadering het baie gevolge, maar haar nalatenskap om haar kollegas in die ANC en die kabinet te kon oortuig het om kommersiële landbou die voordeel van die twyfel te gee, is iets wat Steenhuisen haar nie maklik kan nadoen nie.

My vraag is dus: Wat gaan Steenhuisen se nalatenskap wees? Waar is ons wat verhoudings, persepsies en ingesteldhede betref wanneer die DA-minister en sy personeelhoof, Roman Cabanac, die politieke toneel verlaat? Wat het geword van die verhouding tussen die staat en landbou én die ingewikkelde verhoudinge in die demografiese kompleksiteit van landboubelange?..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.