Namibië: Stap Swapo dieselfde pad as die ANC?

GRYSLYSGEBIEDE

Namibië: Stap Swapo dieselfde pad as die ANC?

PIET CROUCAMP sal in November in sy geboorteland wees om die algemene verkiesing met al sy nuanses, polemiek en intrige te dek. Hier is die konteks waarin die Namibiese verkiesing afspeel.

Op 27 November 2024 hou die Namibiërs hulle sewende nasionale en presidensiële verkiesing sedert onafhanklikheid in 1990. Op dié dag en datum word 'n nuwe president en die lede van die nasionale vergadering verkies. Ek beplan om in dié tyd daar 'n draai te maak en soos 'n tipiese akademiese waarnemer rond te hang in koffiewinkels, by stemlokale en  mediabyeenkomste. Daar sal mildelik hackfleisch brötchen en Duitse koffie genuttig word.

Die Namibiese sakeman Wouter van Zijl  het my genooi om bemarking te kom doen vir Vrye Weekblad. Hy is ook besig om paneelgesprekke in The Village saam te stel wat hopelik moerig genoeg sal raak om in die annale as “memorable" opgeteken te staan. Teoreties is die idee dat die gesprek lig sal werp op die trajekte van data en die wil van die mense van Namibië.

As 'n gebore Namibiër hou ek my hand op my hart dat die verkiesing vry en regverdig sal verloop en dat Namibië 'n regering kry wat die land van die internasionale waghond teen ekonomiese misdaad en die finansiering van terrorisme – oftewel die Finansiële Aksietaakmag (FATF) – se gryslys af sal kry. Om dit te vermag moet die volgende regering korrupsie onder beheer kry en die land se finansies so bestuur dat die skuldlas van die staat nie die brose ekonomie onder die diep, donker golwe insleep nie. Die politieke ooreenkomste tussen Suid-Afrika en Namibië is treffender as wat ons besef en die FATF se verdoemende verslae oor dié twee lande bewys dit...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.