Brink se val: Kaders en kapers net waar jy kyk

MUNISIPALE MOLESTE

Brink se val: Kaders en kapers net waar jy kyk

Dis waarskynliker dat die doolhowe van Gauteng se magspolitiek agter die verwydering van die DA-burgemeester van Tshwane, Cilliers Brink, is as premier Panyaza Lesufi se grootmansindroom. PIET CROUCAMP probeer hou by die paadjie na buite.

DIE verwydering van die DA se burgemeester, Cilliers Brink, in Tshwane het aansienlik komplekser wortels as wat baie van ons besef. Brink het van Maart 2023 die pos beklee en is in laat September 2024 in 'n mosie van wantroue verwyder deur 'n informele ooreenkoms tussen die ANC, EFF en ActionSA. In 'n diskoers-gesprek by die Woordfees in Stellenbosch het die DA se federale voorsitter, Helen Zille, die blaam voor die deur van Gauteng se premier, Panyaza Lesufi, gelê, maar ek wonder of die werklikheid nie meer kompleks is as die “strongman”-politiek wat Zille se argument impliseer nie.   

Daar is baie wit geraas in die agtergrond van Brink se verwydering. Met die eerste oogopslag wil dit voorkom asof die verbrokkeling van die DA se verhouding met Herman Mashaba die rede is vir die ineenstorting van die koalisie-ooreenkoms  – tussen ActionSA, die Vryheidsfront, ACDP, Cope en die IVP – in Tshwane. Die DA lei reeds sedert 2016 koalisies in dié stad en dit is seker nie ongeldig om te vra hoekom finansiële bestuur en dienslewering ná byna agt jaar steeds so benard is in die metro nie. Hoe lank het 'n party nodig om 'n korrupte stelsel om te draai as hy hom roem op sy vermoë om munisipaliteite nougeset in ooreenstemming met die ouditeur-generaal se pedantiese vereistes te bestuur?

My kollega Dirk Kotzé van Unisa wys daarop dat die ouditeur-generaal, Tsakani Maluleke, in haar mees onlangse verslag wel melding maak daarvan dat Tshwane beduidende vordering getoon het, met korrektiewe stappe om die endemiese swak bestuur en onvoldoende finansiële dissipline in die stad se begroting aan te spreek. Die DA en Brink sal aanvoer dat die sistemiese korrupsie in plaaslike besture se waarde- en voorsieningskettings diep wortels het. Die veelbesproke onvermoë van die Suid-Afrikaanse regstelsel om te polisieer en te vervolg maak dit haas onmoontlik om die ANC se alomteenwoordige patronaatskapstelsel aan die kaak te stel. En ek dink Brink het 'n punt beet...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.